Shop Menu

Kompetisie: Lien se Lankstaanskoene
In Fliekteaters 3 Mei

Gebaseer op die boek Lien se lankstaanskoene, waarvoor Derick van der Walt die Sanlam-prys vir Jeuglektuur (Goud) verower het.

Lien is die oudste kind in ‘n disfunksionele huishouding, waar die status van die gesin van welgesteld tot brandarm verander het. Die besorgheid van ‘n buurtannie help in die donkerste ure van die gesin, terwyl dit nodig word vir Lien om uit te spring om brood op die tafel te sit. Die wyse waarop sy op haar gesins- en persoonlike uitdagings reageer, help haar om te groei, haar roeping te vind en vrede te maak met haar verlede.

Rolverdeling: Carmen Pretorius , Franci Swanepoel, Elize Cawood, Marie Pentz, Hykie Berg

Direkteur: André Odendaal

Musiek: Benjamin Willem

.

Kompetisie:

Wen met Lien se lankstaanskoene en Nu Metro.
SMS “Lien” na 35134 en jy kan lekker pryse wen!

  • Een van 2 x R250 geskenkbewyse van Exclusive Books
  • Getekende fliek memorabilia
  • 1 van 30 kopieë van die boek Lien se lankstaanskoene

, , , ,

No comments yet.

Leave a Reply